Illustrasies vir 
Sylvester: Ramkat van die Groot-Karoo
"Linki Brand, die illustreerder, roep elke verhaal se unieke, kleurvolle karakters tot lewe. Dis kleurvol en treffend, maar word nie op elke bladsy gebruik nie. Dit sorg vir ’n goeie balans tussen teks en illustrasie. Elke illustrasie is eerder ’n portret wat pas by die betrokke verhaal, eerder as die verhale wat geïllustreer word. Daar is genoeg detail in elke illustrasie om ’n gesprek met ’n kind te kan voer oor wat in die verhaal gebeur. Dit dui op ’n goeie integrasie van die teks in die illustrasie en is ’n eienskap wat ’n kinderboek laat uitstaan. Ek vind dit gepas dat hierdie boek se voorste en agterste binneblad, asook hoofstukbladsye, met lekkergoedillustrasies versier is. “’n Sakdoek vir ’n Sanseuntjie” se hoofstukblad het byvoorbeeld ’n ronde lekker op met die gesig van ’n Sanseuntjie. Die lekkergoedtema word regdeur die boek geweef. Binne ’n Suid-Afrikaanse konteks assosieer baie kinders die Quality Street toegedraaide lekkers met spesiale geleenthede soos Kersfees of verjaarsdae. Beslis ’n goeie visuele keuse vir ’n besonderse boek soos hierdie."
Uit Litnet Lesersindruk deur Anke Theron
Back to Top