VOORBLADONTWERP VIR
Mixtape van die liefde
Saamgestel deur Antjie Krog

Hierdie bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde: Verliefdheid ('n rimpelvel hardloop), Wat is liefde? (my hart het in jou verdwaal), Liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?), Liefde en pyn (ek volg net my hartseer), Liefde en woede (ek haat en ek het lief) en Liefde wat verder reik. Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans is verteenwoordig in die bundel: Van ons ouer digters soos Totius, Boerneef, Eybers, Opperman, Van Wyk Louw tot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julies en Ryan Pedro. Ronelda S. Kamfer lewer die grootste bydrae met ses gedigte. Vertalings stel lesers nie net bekend aan plaaslike talent in isiZulu-, Setswana-, Xam- en San nie, maar bied ook 'n blik op wereldliteratuur met gedigte van die Fransman Michel Houellebecq, die Kubaan Nicolas Guillel 'n en Lucebert (wie se gedig in Nederlands verskyn).

Koop die boek hier.
Back to Top