ILLUSTRASIES EN UITLEG VAN
Die Magriet Reeks
Deur Melanie Tait

"Melanie Tait het haar debuut as kinderboekskrywer gemaak met die Magriet-reeks wat onlangs verskyn het. Sy vertel dat dié verhaal op die ware avonture van haar dogter, Nin, en dié se hoenders, Matilda en Siena, gebaseer is.
“My dogter en haar hoenders, wat sy as 'n verjaarsdaggeskenk gekry het, was my inspirasie vir die reeks,” vertel Tait. “Nin doen alles saam met haar geveerde vriende – van skoolwerk en konsert hou tot stories lees en wurms soek. Ons hoef nie eers ʼn fiksionele wêreld te skep nie, want die staaltjies ontvou daagliks in ons huis.”
Tait sê sy het bloot die alledaagse gebeure van Nin en haar hoenders waargeneem, agterna 'n knippie fantasie bygevoeg en dit toe in stories omskep."
Uit "Ontdek die wonderwêreld van Magriet, 'n stadshoender" deur Christa Steyn (Maroela Media)
Die proses
Magriet die stadshoender
Magriet hou konsert
Back to Top