Ontwerp met illustrasie vir
Iemand wat Verdrink
Saamgestel deur Fanie Viljoen
​​​​​​​
"Hierdie bundel is iets nuut en anders as vorige kortverhaalbundels, veral teenoor die bundels wat tradisioneel vir die skolemark saamgestel word. Viljoen het beslis ’n interessante kombinasie van kortverhale hier saamgevoeg. Dit is alles wat ’n mens nié verwag van ’n kortverhaalbundel nie. Die blink geel en rooi voorblad sê reeds vir die leser: daar skuil iets meer agter die titel."
Uit Litnet Leserindruk deur Anke Theron


"Op die agterblad word elke verhaal in ’n enkele sin opgesom. Hier is ’n paar lusmakers: Iemand wat gesond eet vir Instagram-likes, Iemand wat begrafnisblomme kry vóór hy sterf, Iemand wie se lewe verfrommel, Iemand wat vir die eerste keer gim toe gaan, Iemand wat ongelukkig ’n gelukkige trekking wen en Iemand wat ’n nuwe hart kry. Die uiteenlopende kortverhale is heerlik slim geskryf en prikkel die leser se belangstelling van meet af. Die uitnodiging, “word iemand wat verdrink in stories”, is heel gepas, want mens wil beslis net aanhou lees."
Uit Maroela Media Boekresensie deur Louise Viljoen
Alternatiewe kleuropsies wat tydens die ontwerpproses na vore gekom het. 
Back to Top