Voorbladontwerp vir 
Offers vir die vlieë

"Die wenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2019 was Fanie Viljoen met sy uitdagende, distopiese jongvolwasseverhaal "Offers vir die vlieë"
Eliam en sy vriende is op pad na die Front om in die oorlog te veg waarvoor hulle al van kleins af brutale opleiding ontvang. Volgens die beoordelaars sal hedendaagse tieners in Suid-Afrika kan identifiseer met Eliam se worsteling rondom brutaliteit, geweld, marteling, vernedering, ook ’n verlies van die self en ’n eie identiteit. 
Een van die beoordelaars skryf: “Hierdie verhaal is myns insiens een van die beste wat ek in ’n lang tyd in Afrikaans gelees het.” 
Fanie Viljoen was al twee keer tevore ’n naaswenner van die Jeugromankompetisie met sy verhale "Betower" en "Afkop". Hy is al verskeie kere bekroon met die Sanlamprys, die M.E.R.-prys en talle ATKV-Woordveertjies. Viljoen is tans een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers met meer as 60 gepubliseerde boeke agter sy naam."
Teks vanaf Litnet
Alternatiewe ontwerpe
Alternatiewe Ontwerp
Alternatiewe Ontwerp
Alternatiewe Ontwerp
Alternatiewe Ontwerp
Back to Top