
ILLUSTRASIES EN UITLEG VAN DIE HERUITGAWE VAN DIE REEKS:
Bastian Blom
Deur Jaco Jacobs
"Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa woon op die boonste verdieping.
Bastian versamel graag vreemde goed, soos valstande, ou brille, posseëls met vlermuise op (hy het nog net 13 en daar is nie baie seëls met vlermuise op nie), skilderye van katte (hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie), porselein-uile en boeke met spookstories.
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture."
Vanaf Maroela Media


Bastian Blom en die Pratende Portret




Bastian Blom en die Gillende Geraamte




Bastian Blom en die Woedende Weerwolf





Bastian Blom en die Magtige Moerasmonster




